Ons voorouers
Sterwens kennisgewing van DMC SMIT 1836
Kennisgewing van sterwe van DMC SMIT (geb. 1803, sterwe: 20 Apr 1836) op ouderdom 33 jaar op die plaas Klipdrif aan die Stormberg Spruit, distrik Somerset. Kinders: EJP Smit, NW Smit, NCJ Smit. (Ned. Geref Kerk Argief)
Ds Erasmus Jacobus Petrus SMIT
Ds EJP Smit, wat die hoeksteen van Kestell Kerk gele het. Oupa Daan se pa.
Ds EJP Smit en gesin
Voor: Rentia Maree (laerskool onderwyseres Vrede), Ds EJP, sy vrou Emmerentia, Bessie Malan (musiek onderw en orrelis) Agter: Lena Moyses (musiek onderw en orrelis Senekal), Daan, (teologie en later boer), Kobus (prokureur Bethlehem), Hannes (prokureur Jhb), Babs Louw (mysiek onderw en lektrise UOVS) Hulle oudste sussie is oorlede aan n vinnige griep op 13 jaar. Tragiese storie
Oupa Daan
Oupa Daan (Daniel Michaelis Christoffel) Smit op Emmerentia waar hy afgetree het. Hy’t later Worcester toe getrek om naby sy dogter Cecilia te wees. Hy’s oorlede in 1998.
Oupa en sy koerant
Oupa Hennie Kruger lees koerant. (Die opskrif lees “Fantastiese sege vir VSA by Maan – volgende keer ‘n landing”. Dit moet dan om en by 1968 gewees het net voor die Maanlanding).